Leesgieriges sal smul aan dié stukkie sonde

30 January 2020 - 12:09 By lapa uitgewers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
'Soete sonde: 'n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade', saamgestel deur Lizz Meiring.
'Soete sonde: 'n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade', saamgestel deur Lizz Meiring.
Image: Verskaf

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar is komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.

Indien enige een nog twyfel of dié stukkie sonde dalk ’n goeie geskenk sal maak, sou die lys van outeurs dalk net die nodige oortuiging bied: Clari Niemand, Miles Griffiths, Mafunyane Rossouw, Johann Smith, Ryno Eksteen, Cecilia du Toit, B Clarke, Brechje Visagie, Belinda Nel, Lizette Murray, MC Botha, Tilla Diederichs, Chrissie Naude, Henque Heymans, Clarissa Benade, Gielie Hoffmann, Johann du Toit, Monja Beyers, Paula Pereira, Willem van der Walt en Jak de Priester.


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now