Bekendstelling: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach (Februarie 12)

Kom kuier saam! Louise Viljoen sal in gesprek wees met Ingrid Winterbach by die Stellenbosse bekendstelling van 'Die troebel tyd'

08 February 2019 - 15:03
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant.

Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde.

Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap.

Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur.

Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer.

In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige.

Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.

Ingrid Winterbach is ’n veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M¬Net¬prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland, Frankryk en Amerika verskyn. Sy woon op Stellenbosch en is ook ‘n beeldende kunstenaar.

BESONDERHEDE

Datum: Dinsdag, 12 Februarie (6 NM vir 6:30 NM)

Plek: Exclusive Books, Stellenbosch 

RSVP: events@exclusivebooks.co.za / 021 886 9277

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now