Bekendstelling: Witboy in Berlyn deur Deon Maas (Maart 14)

Jol'hannesburg! Kom sluit Donderdag, 14 Maart by Deon Maas en Charles Leonard aan vir die bekendstelling van 'Witboy in Berlyn'

13 March 2019 - 11:10 By jonathan ball publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

“Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie.”

Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ’n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.

In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.

Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ’n lid van ’n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ’n protesoptog deel.Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uitdagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.

Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as ’n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van ’n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.

BESONDERHEDE

Datum: Donderdag, 14 Maart (6 NM vir 6:30 NM)

Plek: Richmond Cafe, Mentonstraat 14, Richmond, Johannesburg

Gasspreker: Charles Leonard

  • Artikel verskaf deur Jonathan Ball 
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now