Bekendstelling: op weg na kû deur Breyten Breytenbach (April 3)

Breyten Breytenbach stel Woensdag 3 April sy nuwe digbundel by die Book Lounge bekend - kom bederf jul sintuie en luister hoe die digter van sy verse voorlees.

28 March 2019 - 14:04 By nb-uitgewers/publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
word Woensdag 3 April bekendgestel.
op weg na kû word Woensdag 3 April bekendgestel.
Image: Verskaf

op weg na kû is in vele opsigte 'n gesamtkunstwerk, soortgelyk aan Katalekte in 2012. Die gedigte word begelei deur 'n verskeidenheid foto's, hetsy van landskappe of van Breyten se eie en ook ander kunstenaars se skilderye.

Die manuskrip bevat 'n rykdom bepeinsings, gedagtes, digterlike hoogtepunte en kort-kortverhale, en eindelik word die teks meer as die somtotaal van vers en beeld. In die woorde van Andries Visagie: "Dit word 'n sintese van artistieke talent sonder weerga.

Al die elemente in Breytenbach se literêre arsenaal - die voëls, die honde, die maan, die liefde, ballingskap, die metapoëtiese nadenke oor die woord en skryf - is hier aanwesig. Opnuut kan 'n mens net in verbystering staan oor die oorweldigende digterlike idiolek wat die skrywer ontwikkel het."

BESONDERHEDE:

Datum: Woensdag 3 April (5:30 NM vir 6 NM)

Plek: The Book Lounge, Roelandstraat 71, Kaapstad

RSVP: booklounge@gmail.com

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now