Bekendstelling: 'Die boek van gelukkige eindes' deur Debbie Loots (Augustus 5)

Loots stel op Maandag, Augustus 5 haar ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse by die Book Lounge bekend

29 July 2019 - 12:48 By nb-uitgewers/publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
'Die boek van gelukkige eindes' is dié bekroonde skrywer se tweede roman.
'Die boek van gelukkige eindes' is dié bekroonde skrywer se tweede roman.
Image: NB-Uitgewers

Die boek van gelukkige eindes:

Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending.

Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak?

’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.

Debbie Loots is in Polokwane, Limpopo, gebore. Sy het ’n honneursgraad in skone kunste by Michaelis verwerf voor sy ’n meestersgraad in skeppende skryfkunde aan die UK voltooi het. Debbie bly in Kaapstad waar sy VISI se artikelskrywer was, en daarna vryskutwerk gedoen het vir onder meer Mail & Guardian, Rapport, VISI, ELLE en Weg! Platteland. Sy is tans die redakteur van die tydskrif REAL|life. Haar debuutroman, Split, het in 2016 die ATKV Woordveertjie Prosaprys verower.

BESONDERHEDE: 

Artikel verskaf deur NB-Uitgewers 


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now