Bekendstelling van Azille Coetzee se 'In my vel' op Augustus 6

Coetzee en Marianne Thamm sal dié ware verhaal van navigasie, deur twee stede, by die Book Lounge bespreek

31 July 2019 - 11:50
By nb-uitgewers/publishers AND NB-Uitgewers/Publishers
'In my vel' is sowel 'n leesbare, snaakse liefdesverhaal, as 'n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.
Image: NB-Uitgewers 'In my vel' is sowel 'n leesbare, snaakse liefdesverhaal, as 'n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.

Ek is in Amsterdam om ’n PhD aan die Vrije Universiteit te doen. Ek het ’n visum en ’n beurs vir 22 maande, maar het reeds besluit dat ek vir ewig hier wil bly.

Met haar Nederlandse lover aan haar sy voel Azille Coetzee lig en bevryd. Sy hou van die sosiale gelykheid, die wêreldklas festivals, die galerye, en lesings deur beroemde filosowe. Sy begin uiteindelik die ellendige taal baasraak.

Van waar dan die hardkoppige ongemak wat haar nie wil laat los nie?

Met In my vel verken Coetzee dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ’n verrassende, persoonlike manier. Dit is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.

“’n Lieflike, noodsaaklike boek. Sowel gesofistikeerde intellektuele besinning as ’n hartstogtelik-persoonlike relaas.” – Francois Smith

“Dié ware verhaal van navigasie, deur twee stede, deur ’n hart, is ’n dokument vir ons tyd. Tydig, snaaks, en nódig.” – Kabous Meiring

BESONDERHEDE

Artikel verskaf deur NB-Uitgewers