Gedigte uit Jaco Jacobs se My boetie dink hy’s Batman en Toulopers (Plus: Ongepubliseerdes)

10 January 2019 - 14:23 By lapa uitgewers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
Toulopers deur Jaco Jacobs
Toulopers deur Jaco Jacobs
Image: LitNet

Bibi Slippers skryf op LitNet oor twee digbundels vir jongmense, My boetie dink hy’s Batman deur Jaco Jacobs en Toulopers, saamgestel deur Jacobs, wat volgens haar “dalk toekomstige skrywers se taalontwikkeling (en tematiese preokkupasie) kan help vorm”.

Haar gunstelinggedigte uit dié twee bundels is Jacobs se “My boetie dink hy’s Batman” en Derick Muller se “My eerste gedig”. Lees die twee gedigte, sowel as Slippers se artikel:

"Ek onthou ’n boekie waarmee ek as kind ’n hegte band gehad het. Die hoofkarakter in hierdie sage (gedruk op pofferige plastiekbladsye en boonop waterdig) was Pikkie Pikkewyn.

"Ek was een jaar oud toe die boekie verskyn het, en het die hele ding vroeg in my lewe al uit my kop geken. Ek het selfs geweet wanneer om om te blaai."

Vir verdere leesplesier kan jy vyf van Jacobs se “spokerige” rympies op sy blog lees. Hierdie gedigte kom uit ‘n lêer vol kinderrympies op Jacobs se hardeskyf, “wat nie staanplek kon kry in een van my bundels nie of wat ek sommer net vir die pret geskryf het”:

"Grafstene

Hier lê die arme Sarel du Toit.Mensvreters het hom vir ete genooi.

Hier rus die liefdevolle Lientjie du Preez.’n Luislang het haar ’n drukkie gegee."

Boekbesonderhede

My boetie dink hy is Batman en ander rympies deur Jaco Jacobs

Boek se tuisblad

EAN: 9780799347463Spoor hierdie boek met Loot op!

Toulopers saamgestel deur Jaco Jacobs

Boek se tuisblad

EAN: 9780799349627

Spoor hierdie boek met Loot op!

Article supplied by Lapa Uitgewers/Jaco Jacobs


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now