Chase Rhys se debuutroman is ’n funny en intensely moving character study van kinnes vannie Cape Flats

In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf

13 January 2019 - 17:26 By BOOKSLIVE and nb-uitgewers/publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Almal in Jurassic Park op die Kaapste Vlakte ken vir Anwaar 'Ahnie' Brandt vandag hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hulle selfone - movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie.

Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak.

Rolanda Fisher wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy...

In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.

Chase Rhys, gebore in 1989, is ’n dramaturg van Ocean View. Hy het ’n graad in drama verwerf by UCT en is ’n medewerker by Borderlands, ’n fees wat uitvoerende kunste gebruik om die gaping in gesegregeerde gemeenskappe te oorbrug. Chase is die eerste wenner van die Adam en Rosalie Small-prys vir debuutskrywers, in 2017.

Artikel verskaf deur Kwela, NB-Uitgewers.

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now