OOR DIE OUTEUR
Michael Ende (1929–1995) tel vandag tot een van die bekendste en veelsydigste Duitse skrywers. Naas kinder- en jeugboeke skryf hy poëtiese prenteboeke, boeke vir volwassenes, teaterstukke en gedigte. Baie van sy boeke is verfilm of vir radio of televisie bewerk.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Roswitha Quadflieg, gebore in 1949, het skilderkuns, illustrasie en tipografie studeer. Sy is ’n bekende skrywer in Duitsland en voormalige boekkunstenaar en -ontwerper. Die bladsyletters wat sy vir die oorspronklike.
OOR DIE VERTALER
Gunther Pakendorf is in 1944 op ’n sendingstasie by Middelburg, Transvaal gebore. Hy het wye navorsings-belangstellings en publikasies oor verskeie temas, onder andere klassieke Duitse letterkunde, die Modernisme, die eietydse Duitse roman, literêre tekste rondom die Holocaust, koloniale letterkunde en die geskrifte van die Duitse sendelinge in Suid-Afrika. Hy het verder ’n besondere belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, veral in vergelykende aspekte van Duits en Afrikaans en literêre vertalings. Hy het einde 2009 afgetree en is tans Professor Emeritus by die Universiteit van Kaapstad asook Buitengewone Professor in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit van Stellenbosch.
Artikel verskaf deur Protea Boekhuis.