Michael Ende se immergewilde Die eindelose storie is in Afrikaans vertaal

Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red

13 January 2019 - 15:36 By BooksLIVE and protea
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Bastian Balthasar Bux ontdek in ’n boekwinkel ’n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die helde Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser die kinderlike keiserin te red. Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red? En hoe verlaat mens ’n ryk wat geen grense het nie?

OOR DIE OUTEUR

Michael Ende (1929–1995) tel vandag tot een van die bekendste en veelsydigste Duitse skrywers. Naas kinder- en jeugboeke skryf hy poëtiese prenteboeke, boeke vir volwassenes, teaterstukke en gedigte. Baie van sy boeke is verfilm of vir radio of televisie bewerk.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Roswitha Quadflieg, gebore in 1949, het skilderkuns, illustrasie en tipografie studeer. Sy is ’n bekende skrywer in Duitsland en voormalige boekkunstenaar en -ontwerper. Die bladsyletters wat sy vir die oorspronklike.

OOR DIE VERTALER

Gunther Pakendorf is in 1944 op ’n sendingstasie by Middelburg, Transvaal gebore. Hy het wye navorsings-belangstellings en publikasies oor verskeie temas, onder andere klassieke Duitse letterkunde, die Modernisme, die eietydse Duitse roman, literêre tekste rondom die Holocaust, koloniale letterkunde en die geskrifte van die Duitse sendelinge in Suid-Afrika. Hy het verder ’n besondere belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, veral in vergelykende aspekte van Duits en Afrikaans en literêre vertalings. Hy het einde 2009 afgetree en is tans Professor Emeritus by die Universiteit van Kaapstad asook Buitengewone Professor in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit van Stellenbosch.

Artikel verskaf deur Protea Boekhuis.

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now