’n Nuwe oorlogsroman uit die pen van Irma Joubert

Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945?

13 January 2019 - 15:15 By BooksLIVE and lapa uitgewers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend.

Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid.

Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel wat die tyd net voor die bevryding voorafgaan, wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem.

In hierdie bloedige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse Leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe.

Maar wat word van die wesie?

Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945?

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort. Soos gewoonlik is haar navorsing puik. Die Pas-Opkamp het werklik bestaan. Foto’s is op die internet beskikbaar. 

Artikel verskaf deur Lapa Uitgewers.

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now