'Spoekie' - die meesterlike vertaling van Jason Reynolds se 'Ghost'

André Trantraal se Kaapse Afrikaanse vertaling van Reynolds se bekroonde jeugroman behou die egtheid en rouheid van die oorspronklike boek

04 June 2019 - 12:43
By lapa uitgewers AND LAPA Uitgewers
'Spoekie' is die Engelse vertaling van Jason Reynolds se bekroonde 'Ghost'.
Image: LAPA Uitgewers 'Spoekie' is die Engelse vertaling van Jason Reynolds se bekroonde 'Ghost'.

Hardloop. Dis al wat Spoekie ken. Van die aand dat Spoekie se pa hom en sy ma met ’n geweer in die straat afgejaag het, hardloop hy vir al die verkeerde redes.

Vasgevang in ’n omgewing vol geweld en misdaad, sien Spoekie geen uitkomkans nie. Al wat hy doen is moeilikheid maak – en dan hardloop hy daarvan weg.

Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet – Coach wat al Olimpiese medaljes gewen het en die natuurlike talent in Spoekie dadelik raaksien. Spoekie kan die beste atleet in die stad word.

Maar gaan sy verlede hom inhaal, of gaan hy uiteindelik leer jy kan nie vir jouself weghardloop nie?

Hierdie boek deur die veelbekroonde Jason Reynolds is meesterlik deur André Trantraal in Kaapse Afrikaans vertaal.

Jason Reynolds is op die oomblik een van die bekendste jeugboekskrywers ter wêreld. Hy woon in Brooklyn, New York, en sê baie van sy werk is daarop gemik om seuns aan te moedig om meer te lees.

André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds. Sy strokiesprentwerk, geskryf in sowel Kaaps as Engels, het al in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus en Cape Times verskyn, en is ook in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. André se Engelse vertalings van die Kaapse gedigte van sy broer Nathan Trantraal het in ’n uitgawe van die New England Journal verskyn. Hy en sy broer werk gereeld saam en is pioniers in die bevordering van Kaapse Afrikaans.


SOORTGELYKE ARTIKELS