Piet Grobler se kleurryke hulde aan Franciscus van Assisi

'n Prenteboek met verbeeldingryke illustrasies en 'n blywende boodskap oor die mens se verhouding met die diereryk

19 June 2019 - 14:05
By protea AND Protea
'Franciscus en die diere' is 'n heerlike voorleesboek met verbeeldingryke illustrasies en 'n eenvoudige boodskap.
Image: Protea Boekhuis 'Franciscus en die diere' is 'n heerlike voorleesboek met verbeeldingryke illustrasies en 'n eenvoudige boodskap.

OOR DIE BOEK

Franciscus is lief vir alle diere en glo in die Goeie. Saam met sy beste vriend Esel reis hy deur die wêreld en praat met diere en mense.

Sodoende probeer hy om die wêreld mooier te maak.

Hierdie is 'n prenteboek met kleurryke tekeninge, gebaseer op die lewe van die heilige Franciscus van Assisi (1181–1226) en ’n ode aan pous Franciscus.

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Piet Grobler is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, kunstenaar en illustreerder. Grobler ontvang verskeie nasionale en internasionale toekennings vir sy werk.

Hy het reeds meer as sewentig boeke geïllustreer, onder meer: Moenie ’n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, Kat se blad, Beware of the canary (Philip de Vos), Olinosters op die dak (Marita van der Vyver), Liewe Heksie (Verna Vels) en Die Spree met Foete (Annie M. G. Schmidt).

Hy is ook die skrywer en illustreerder van die internasionaal bekroonde Net een slukkie, Padda! By Protea Boekhuis verskyn onlangs van hom Vandag is ek ’n windlawaai! (2018), Kat se blad (2018) en Prente by ’n uitstalling (2017) (al drie geskryf deur Philip de Vos).


SOORTGELYKE ARTIKELS