Topverkoper Anoeschka von Meck se nuwe roman deur Penguin Random House bekom

Von Meck se nuutste roman is ’n ambisieuse werk wat handel oor die komplekse verhouding tussen die hoofkarakter, Wille Willemien, en haar boeremafia-pa

10 June 2019 - 14:04 By penguin random house sa
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
Die bekroonde skrywer Anoeschka von Meck se nuwe roman verskyn vroeg in 2020.
Die bekroonde skrywer Anoeschka von Meck se nuwe roman verskyn vroeg in 2020.
Image: Verskaf

Anoeschka von Meck, skrywer van onder meer die literêre fenomeen Vaselinetjie, ’n boek wat tot op hede reeds oor die 100,000 eksemplare verkoop het en onlangs verfilm is, se nuwe roman verskyn vroeg in 2020 by Penguin Random House.

Von Meck se nuutste roman is egter geen Vaselinetjie nie. Dit is ’n ambisieuse werk wat handel oor die komplekse verhouding tussen die hoofkarakter, Wille Willemien, en haar boeremafia-pa.

Ná sy dood onderneem Willemien ’n reis na die Richtersveld om van sy kluis ontslae te raak en om te probeer vrede maak met haar aardige kinderdae. Sy is moeg vir wroeg. En vir obees wees, want haar ouers was banger vir vet as vir ’n grondeis.

As Willemien nie ’n seksles op ’n bootjie in Hongkong se hawe kry nie, is sy besig om in selfopgelegde ballingskap van kos op ’n dwelmdieet in Sri Lanka te probeer gewig verloor.

Von Meck gee toe dat dele van die boek deur ware gebeure geïnspireer is – haar pa was immers die nimlike Vloog Theron.

Fourie Botha, fiksie-uitgewer by Penguin Random House, sê: “Anoeschka is so ’n bedrewe skrywer dat haar manuskrip ’n mens kliphard laat lag en kort daarna wil laat huil. Dit is ’n spesiale boek en ’n groot eer om deel van só ’n publikasie te wees.”

In haar skrywersloopbaan het Von Meck reeds verskeie pryse ingepalm. Vaselinetjie is bekroon met die Rapport/Jan Rabie-debuutprys, die MER-prys vir jeuglektuur en die M-Net-prys vir fiksie.

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now