Ingrid Jonker prys: kortlys 2019 bekend gemaak

Corné Coetzee se 'Nou, hier', Pieter Odendaal se 'Asof geen berge ooit hier gewoon het nie' en Jolyn Phillips se 'Radbraak' verskyn op vanjaar se Ingrid Jonker-prys kortlys

14 June 2019 - 13:36 By Ronel de Goede
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
Die drie titels wat op vanjaar se kortlys verskyn.
Die drie titels wat op vanjaar se kortlys verskyn.
Image: NB-Uitgewers

Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2017 en 2018 gepubliseer is, is pas bekend gemaak.

Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken - die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. ’n Rekordgetal van 17 bundels is voorgelê en die kompetisie was besonder straf.

Die volgende bundels verskyn op die kortlys (in alfabetiese volgorde volgens die digters se vanne): Corné Coetzee se Nou, hier, Pieter Odendaal se Asof geen berge ooit hier gewoon het nie en Jolyn Phillips se Radbraak.

Die wenner word op Julie 1 bekend gemaak en die prys word in September by die Breytenbach-sentrum in Wellington se Tuin van Digters oorhandig.

Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar is die beoordelaars Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Ronelda Kamfer.

Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander komiteelede is Finuala Dowling, Vincent Oliphant, Kobus Moolman en Marius Crous. Danie Marais, vorige voorsitter, tree as adviseur op.


SOORTGELYKE ARTIKELS

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now