Rus in vrede, Harry Kalmer (November 21 1956 - Julie 26 2019)

Van sy boeke tot sy beskeie persoonlikheid - Harry Kalmer se afwesigheid is reeds tasbaar

29 July 2019 - 10:27 By Mila de Villiers and penguin random house sa
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Die bekroonde skrywer Harry Kalmer (62) is op Vrydag, Julie 26 in Johannesburg aan kanker oorlede.

Kalmer se oeuvre sluit romans en toneelstukke in, en beide genres is met lof ontvang. 

Van Kalmer se mees noemenswaardige tekste sluit En die lekkerste deel van dood wees (2007), Briewe aan 'n rooi dak (2005), Die Bram Fischer Wals (2016) en 'n Duisend stories oor Johannesburg (2014) in.

Laasgenoemde is 'n eerbetuiging aan die stad waaraan Kalmer - 'n Kapenaar van oorsprong - 'n diep verbintenis mee gehad het, en die Engelse vertaling daarvan, A Thousand Tales of Johannesburg, is in 2018 met die gesogte Sunday Times Barry Ronge Fiksieprys bekroon.

Kalmer se laaste boek voor sy dood, In 'n land sonder voëls, is in Julie 2019 vrygestel. Dié roman is 'n besinning oor die onvoorspelbaarheid van die toekoms en sterflikheid. 

Harry was 'n beskeie, sagmoedige woordsmous met 'n vonkel in sy oog en sy afwesigheid is reeds tasbaar.

Rus sag, Harry. Dankie vir jou woorde. 


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now