Vrouekeur 50 Breipatrone bied ’n breibonanza

Van hondejassies tot babamussies - dié boek is 'n moet vir enige brei-liefhebber!

07 January 2019 - 11:52 By lapa uitgewers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

Vrouekeur 50 Breipatrone bied ’n breibonanza vir die ywerige handwerker.

Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe breipatrone in een boek, opgedeel in vyf temas: Babas, Meisies, Seuns, Mans en Troeteldiere.

Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, so die boek is ideaal vir beginners en brei-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede.

Projekte wat aangepak word, wissel van skattige babamussies en -truitjies tot truie, serpe en musse vir kinders en mans. Troeteldierliefhebbers sal bly wees oor die hoofstuk wat items soos hondejassies, ’n drasak, ’n katbedtjie en troeteldierspeelgoed, bevat!

Die boek bevat ook ’n lys brei-afkortings in Afrikaans én Engels.

Artikel verskaf deur LAPA Uitgewers. 

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now