Weerlose weerstand ondersoek die gaydebat in die NG Kerk

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie

13 January 2019 - 16:26 By BOOKSLIVE and protea
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem.

Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef.

Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is.

Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Die besluite wat geneem is in 2015 is die kulminasie van ’n lang proses wat reeds in die 1980’s begin het.

Die boek Weerlose weerstand is ’n persoonlike relaas van dié lang, komplekse proses in die NG Kerk. Die verskillende verslae wat voor die sinodes gedien het, die besluite wat daaruit voortgevloei het en die stories daaragter word uit ’n persoonlike perspektief behandel.

Die boek lewer ’n bydrae om die weerstand van gay en lesbiese persone verstaanbaar te maak vir mense wat sukkel om dit te begryp.

OOR DIE OUTEUR

André Bartlett is hoof van Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria.

Hy was voorheen predikant van die NG Kerk in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg.

Sedert 1999 is hy amptelik betrokke by die gesprek in die NG Kerk oor homoseksualiteit. Hy is voorsitter van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in Gauteng en ook ’n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee van dié organisasie.

Artikel verskaf deur Protea Boekhuis.

subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now