'Juffrou Goth en die sinistere simfonie' is die vierde titel in dié gewilde reeks.
Image: Protea
Loading ...

Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree.

Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal.

Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …

OOR DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER:

Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ’n Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ’n politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer.

Hy het drie Kate Greenaway Medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke.

Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het het drie Nestlé Smarties Boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children's Laureate.

OOR DIE VERTALER:

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Loading ...
Loading ...