'Die boek van gelukkige eindes' is dié bekroonde skrywer se tweede roman.
Image: NB-Uitgewers
Loading ...

Die boek van gelukkige eindes:

Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending.

Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak?

’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.

Debbie Loots is in Polokwane, Limpopo, gebore. Sy het ’n honneursgraad in skone kunste by Michaelis verwerf voor sy ’n meestersgraad in skeppende skryfkunde aan die UK voltooi het. Debbie bly in Kaapstad waar sy VISI se artikelskrywer was, en daarna vryskutwerk gedoen het vir onder meer Mail & Guardian, Rapport, VISI, ELLE en Weg! Platteland. Sy is tans die redakteur van die tydskrif REAL|life. Haar debuutroman, Split, het in 2016 die ATKV Woordveertjie Prosaprys verower.

BESONDERHEDE: 

Artikel verskaf deur NB-Uitgewers 


Loading ...

VERWANTE ARTIKELS

Loading ...
Loading ...