Wat is die kern van die verhaal? ’n Gierige hond verloor iets kosbaars omdat hy iets beter begeer, en uiteindelik sit hy met niks.
Kan ’n leerder hierdie gedagte gebruik om ’n opstel te skryf?
Beslis!
Gebruik dieselfde idee, maar vertel dit in ’n hedendaagse konteks – een wat die tiener ken en elke dag beleef.
Byvoorbeeld: ’n Meisie het ‘n wonderlike ou, maar dan sien sy ’n ander ou wat aantrekliker/ouliker/sterker is. Sonder seremonie dump sy die eerste ou, maar dan vind sy uit dat die tweede ou nie in haar belangstel nie. Uiteindelik is sy alleen.
Dit is niks minder as die bekende fabel nie, maar met ’n nuwe baadjie.
Dis ook nie ’n aardskuddende idee nie, maar dis ’n klassieke verhaal wat enige leerder sal kan skryf.
Probeer dit gerus as ’n skryfoefening in die klas en kyk of dit vir jou leerders kan werk.
Besoek gerus ook my webblad: www.fanieviljoen.co.za