'Blydskap': ’n omvattende blik op lewensvreugde

09 January 2020 - 12:58 By nb-uitgewers/publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
'Blydskap' deur Johannes de Villiers.
'Blydskap' deur Johannes de Villiers.
Image: Verskaf

“’n Wekroep tot deernis, stilte én aksie … Hierdie boek kan werklik jou lewe verander.” – Erns Grundling

Dit is nie noodwendig maklik om altyd bly te wees nie – Johannes de Villiers stem daarmee saam. Maar hy wys met hierdie boek dat blydskap ’n haalbare doel is vir enigiemand. 

Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe is ’n omvattende blik op lewensvreugde. Dit bevat alles van teorieë oor wat blydskap behels tot praktiese wenke om ’n blye gees te skep – van meditasie tot troeteldiere. Die skrywer se breë aanslag bied antwoorde vir elkeen, met inligting van spiritueles tot sielkundiges, en van regoor die wêreld.

Ware verhale word gebruik om sy voorstelle te staaf, soos dié van Malmesbury se mediterende gevangenes en die man wie se pad na blydskap begin het toe die Geheime Polisie hom skiet.


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now