Nathan Trantraal se derde bundel: vindingryk, vreesloos, verrykend

03 February 2020 - 11:15 By nb-uitgewers/publishers
subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now
'Oolog' deur Nathan Trantraal.
'Oolog' deur Nathan Trantraal.
Image: Verslaf

In die bekroonde digter Nathan Trantraal se derde bundel, Oolog, word stryd, konflik en oorlogvoering op verskeie vlakke ondersoek – nie net met verwysings op ’n nasionale en internasionale skaal nie, maar veral in die beskrywing van intieme, persoonlike ruimtes. ’n Dreigende atmosfeer by die huis en op straat word opgeroep.

Soos met sy vorige bundels word die realiteite en leefwêreld van die Kaapse Vlakte oopgeskryf. Met sy kenmerkende narratiewe verse, geskryf in verrykende Kaaps, vertel Trantraal stories wat dikwels met ’n vuishou in die verrassende slotreëls tref.

Hierdie gedigte is vindingryk en vreesloos, met donker humor maar nie sonder deernis nie.

“Meesleurend, leersaam, waaghalsig, dapper, insiggewend, beeldryk, meevoerend, in­your­face en nie 'n moment eendimensionaal nie.” – Alfred Schaffer

“Trantraal is ’n belangrike teenvoeter vir ’n letterkunde wat te dikwels uit voeling is met ’n groot deel van die potensiële leserspubliek.” – Tertius Kapp

Oor die skrywer 

Nathan Trantraal is in Kaapstad gebore. Hy het 'n verskeidenheid publikasies op sy kerfstok: Stormkaap, 'n grafiese roman (2008); Chokers en survivors, sy debuutdigbundel (2013); Alles het niet kom wôd, sy tweede digbundel (2017) en Wit issie 'n colour nie, rubrieke (2018). Hy is tans besig met sy MA-graad aan Rhodes-universiteit. 


subscribe Just R20 for the first month. Support independent journalism by subscribing to our digital news package.
Subscribe now